10 dae gelede
Winde soek army vir nog 6 maande
Alan Winde
Alan Winde, Wes-Kaapse premier  ~ malherbe nienaber

ALAN Winde, die Wes-Kaapse premier, sê daar is nie 'n groot afname in geweldsmisdaad sedert die weermag se ontplooiing op die Kaapse Vlakte nie.

Daarom wil hy hê die weermag moet vir nog ses maande aanbly.

"Daar word gesê die weermag het sover 'n sleutelrol gespeel in Operation Lockdown, veral om die polisie en ander wetstoepassingsoperasies te ondersteun. Ons het egter baie min afname in geweldsmisdaad gesien," sê Winde.

"Daar is steeds 'n reuse berg om uit te klim en geen redelike persoon, en veral die wat in die geaffekteerde areas bly, sal sê hulle is tevrede dat die vlakke van geweld in die Wes-Kaap onder beheer is."

Die weermag is op 18 Julie teen 'n koste van R23 miljoen ontplooi. Hulle sal tot 16 September op die Kaapse Vlakte wees.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het Maandag bevestig dat sy Winde se versoek vir 'n verlenging ontvang het. 

Sy sê dit sal oorweeg word wanneer 'n behoorlike beraming van die situasie gedoen word.- News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters