Verlede maand
Wind ‘maak sportmotors’

MOENIE wens vir ’n plat kar nie, want nou-nou word jou wens waar...

Dít het ’n sterk suidweste-wind Donderdag in ’n fratsongeluk op die docks in Paarden Eiland bewys.

Twee Nissan-sedans is afgeskryf toe vraghouers op dié karre se dakke beland het.

Volgens ’n dokwerker het die voorval ­omstreeks 10:00 gebeur.

Die werker sê daar was gelukkig niemand in die twee motors toe die ongeluk plaasgevind het nie.

Die grys Nissan Almera en groen Nissan Sentra behoort aan werkers op die docks.

Die werker bevestig ook dat geen beserings aangemeld is nie.

Windspoed van sowat 45 km/h is in die omgewing aangeteken.

Hoewel dié spoed nie kan kers vashou vir die suidooster nie, het dit wel twee kar­eienaars se spoed – én harte – gebreek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters