8 maande gelede
Wie’t dié gr. 3’tjie omgery?
omgekom: Jordan Cloete is Saterdag doodgery. Foto: FACEBOOK  ~ 

LEERDERS van die Primêre Skool Belmor in Hanover Park is steeds in skok nadat een van hulle maatjies die naweek doodgery is.

Jordan Cloete, wat in gr. 3 was, is Saterdag omstreeks 14:00 in Springfieldstraat omgery. Hy het veelvuldige beserings opgedoen en is op die toneel dood.

Jordan (9) het saam met sy oom geloop toe ’n motor hulle omstamp.

Sy oom is ernstig beseer. Hy is in die hospitaal.

Manslag

Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys, het die voorval as ’n tragedie beskryf. Jordan se maatjies het by die skool berading gekry.

Die cops het reeds ’n saak van strafbare manslag geopen. Niemand is nog gearresteer nie.

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, ’n woordvoerder van die polisie, is ’n 34-jarige ook in die ongeluk beseer. Die slagoffer iss medies behandel.

Enige iemand wat enige inligting oor die voorval het, word gevra om die ondersoekbeampte, speursers. Ricardo Coetzee, te kontak by 021 690 1517 of 071 914 9663.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters