Verlede maand
Wiel begin draai
Sekerheidswagte van Metrorail is oppit en probeer
Sekerheidswagte van Metrorail is oppit en probeer die stropery vir goed stopsit.  ~ Verskaf

VERLEDE week het die polisie, Transnet en die Metrorail Protection Services nóg kabeldiewe gearresteer.

Die vorige week is 14 mense ook aangekeer.

Volgens Riana Scott, ’n woordvoerder van Metrorail, is 24 beamptes en 8 voertuie ontplooi en die sekerheidsbeamptes het in voertuie en te voet patrollies gedoen.

Hulle het ook by scrap­yards inspeksie gedoen.

“Die beamptes het 15 mense en 14 voertuie deursoek. Ses verdagtes is in hegtenis geneem. Beslag is gelê op een voertuig en kabels van 31 kg met ’n waarde van ongeveer R190 000.”

Dis as gevolg van die harde werk van die sekerheidspersoneel dat Prasa besluit het om sertifikate aan die beamptes te gee om dankie te sê.

Waardeer

Vrydagoggend by Sechaba Protection Services in Ath­lone het 22 beamptes sertifikate ontvang.

Sechaba het ook incentives aan sy eie mense gegee.

Raymond Maseko, waarnemende streekbestuurder van Metrorail, en die hoof van sekerheid, Ernest Hendricks, het die sertifikate aan die beamptes gegee.

Hendricks sê hulle waardeer die wagte se harde werk.

“Die manne loop ’n ekstra 5 000 myl en dit is hulle wat so hard werk.

“Nadat hulle ontplooi is, is baie arrestasies gedoen.”

Fokus

Vandat Hendricks terug is by die beleërde Metrorail, het hy met ’n nuwe strategie begin om die vlaag van vandalisme stop te sit.

Hulle het op sekere hotspots en maintenance-fasiliteite begin fokus.

Hierdie strategie werp nou vrugte af.

Maseko sê die samewerking tussen die spoorwegdiens en die verskillende afdelings vir law en­forcement is van onskatbare waarde.

Vroeër het Ma­seko gesê die gesamentlike operasies lewer goeie resultate en die getal gevalle van vandalisme het reeds verminder.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters