11 dae gelede
Wheelie bin-saak sloer al wéér
gafsa robertsFoto verskaf  ~ 

TERWYL die wheelie bin-moordsaak gister vir die agste keer binne ’n maand uitgestel is, verloor hofgangers vertroue in die justice system.

Shakoor Roberts (25) het weer gister koel en kalm terug na die selle geloop omdat sy saak weereens uitgestel is.

Die klong van Tafelsig staan tereg op sy ma, Gafsa Roberts (61), se moord.

Sy is in 2015 vermoor.

Gafsa se lyk is drie dae ná haar verdwyning in ’n wheelie bin voor haar huis in Winterhoekstraat, Tafelsig, gevind.

Haar lyk was glo erg geskend. Dit was glo ook gewas voordat dit in die bin gedump is.

By Roberts se vorige hofsaak is die hof daarvan ingelig dat hy glo ’n bekentenis oor sy ma se dood gemaak het.

Jamia Daniels, Gafsa se vriendin, het getuig dat sy ’n recording van die confession gemaak het.

Die hofsaak is toe uitgestel omdat die staatsaanklaer die regte stappe wou volg om dit in die hof te speel.

Sit

Gister is die hofsaak weer uitgestel omdat die einste getuie se kind baie siek was en sy toe met die kind na die hospitaal toe moes jaag.

Gafsa se vriendinne wat elke week die hofsaak bywoon, sê hulle is al op van die uitstellings.

“Ons is in ons ouderdom en elke keer moet ons heel dag hier sit, en dit net vir ’n uitstel.

“Ons spandeer ook geld om tot hier te travel – geld wat ons nie terugkry nie.

“Die regstelsel is besig om ons vir ’n pop te vat,” het een van hulle vererg gesê.

Die saak is weer tot volgende Donderdag uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters