Verlede maand
Wetteloosheid op paaie verby, sê Smith
JP Smith, mayco-lid vir veiligheid en sekuriteit.  ~ nasief manie

DIE Stad se verkeersdienste het verlede week 4 826 boetes vir verskeie oortredings uitgereik.

Altesaam 158 arrestasies is gemaak en meer as 140 voertuie is deursoek.

'n Taxibestuurder, wat 22 kinders onwettig vervoer het, is een van dié wat in hegtenis geneem is.

138 verdagtes, wat onder die invloed van alkohol bestuur, is gearresteer.

Die onwettige straatrenne in die Durbanville-area is ook 'n groot bekommernis vir die Kaapstadse stadsraad.

Beamptes het 18 verdagtes in verband hiermee gearresteer.

JP Smith, mayco-lid belas met veiligheid en sekurteit, sê dit is nie die eerste keer dat so baie motoriste in die Durbanville-omgewing gearresteer word vir onder die invloed van alkohol ry nie.

"Die gebrek aan verantwoordelikheid en minagting vir die veiligheid van ander padgebruikers is verby. Ons sal pogings aanwend om onverantwoordelike bestuurders navore te bring," sê Smith.

Twee taxibestuurders met uitstaande boetes ter waarde van R107 100 is ook gearresteer.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters