Verlede maand
Wetstoepasser help vrou geboorte skenk
baby
'n Wetstoepasser het 'n vrou gehelp om geboort te skenk.  ~ Foto ter illustrasie

'N VROULIKE wetstoepasser het Donderdagmiddag 'n vrou gehelp om geboorte in 'n toilet in Green Point te skenk.

Die 36-jarige vrou het kraampyne begin kry toe 'n lid van die publiek die wetstoepasser daarvan in kennis gestel het. 

Die voorval het om 15:30 in die toilette naby die Prestwich Memorial plaasgevind.

Wayne Dyason, woordvoerder vir Kaapstad se wetstoepassingsafdeling, sê die beampte het heeltemal beheer van die situasie geneem.

"Sy het die vrou kalmeer en verseker dat alles fine gaan wees," vertel Dyason.

"Sy het besef daar is nie tyd om die vrou na 'n hospitaal te neem nie en het haar aangemoedig om haar asemhaling te reguleer."

Die baba is toe oomblikke later in die wêreld gebring.

Dyason sê die ma doen goed en is baie bly haar baba het veilig die wêreld ingekom.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters