Verlede maand
Wetstoepasser en verdagte gewond
'n metrocop is in Mfuleni gewond  ~ Foto ter illustrasie: Melinda Stuurman

NA 'N skietgeveg tussen die twee is 'n metro cop en 'n verdagte albei gewond.

Volgens Wayne Dyason, 'n woordvoerder vir wetstoepassingsdienste van die Stad Kaapstad, het lede van die wetstoepassers Woensdag omstreeks 00:05 in die Mfuleni-omgewing patroleer.

"Toe hulle op die hoek van Cuanza en Fishstraat hu rondte doen het hulle 'n man gesien en hom genader oor sy bestemming, omdat die gebied gevaarlik is om laat buite te loop.

"Die man het toe 'n vuurwapen uitgetrek en dit op die beampte gerig en gedreig om te skiet.

"Die beampte het kalm opgetree en die verdagte probeer weerhou om te skiet."

Dyason voeg by dat die verdagte ongelukkig op die beampte begin skiet het, wie ook terug geskiet het.

"Die verdagte het probeer van die toneel vlug en van die vuurwapen ontslae te raak, maar is gevang.

"Beide 'n beampte en verdagte is in die skietery gewond. 'n 9mm-pistool is ook op die verdagte gekry."

Die verdagte word nou aangekla van poging tot moord en besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters