9 dae gelede
Wes-Kaap gaan nou derde vlaag binne
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde.  ~ Peter Abrahams

DIE Wes-Kaap gaan nou die derde vlaag van Covid-19-infeksies binne, het provinsiale gesondheidsamptenare Donderdag gesê.

Alan Winde, premier, het tydens sy digicon aangekondig die provinsie het week tot week 'n meer as 30% styging in gevalle gehad.

Keith Cloete, hoof van die gesondheidsdepartement, sê die gevalle het vinnig die laaste 10 dae toegeneem.

Cloete sê hoewel die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) nog nie die derde vlaag bevestig het nie, wys provinsiale syfers 'n versnelling in gevalle.

"Die nie meer 'n geleidelike styging nie. Daarom is ons besig om die derde vlaag binne te gaan," sê hy.

Hy sê 'n formele aankondiging van Nios word binnekort verwag. 

Daar is tans 5 802 aktiewe gevalle in die provinsie. Meer as 1400 is die afgelope week aangemeld.

Cloete sê die provinsie teken 430 nuwe gevalle per dag aan.  Die styging word toegeskryf aan groot events soos begrafnisse, troues en sportgebeurtenisse. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters