28 dae gelede
Werk mooi met water
spaar!Inwoners word gemaan om versigtig met water te werk. Foto: JONATHAN LESTRADE  ~ 

DIE waterverbruik in Kaapstad is hoër as wat die daaglikse toelating is.

Só waarsku die Stad Kaapstad oor die totale daaglikse limiet, wat tans 650 miljoen liter is.

Kapenaars gebruik egter tans 657 liter per dag.

Hoewel die damme wat aan die metropool water verskaf tans 79,7% vol is, staar nog ’n klomp baie droë, warm maande die stad in die gesig.

Intussen het die kapasiteit van die damme al klaar met 1% gedrop.

Herstelfase

Xanthea Limberg, mayco-lid vir water in die Stad, sê inwoners moet op hulle waterverbruik let.

Inwoners is gemaan dat die Kaapse waterbronne skaars is, in ’n herstelfase verkeer en nie nou uitgeput kan word nie.

Dié waarskuwing kom met die oog op die komende feestyd, waar alles rojaal gebruik word.

Sover is 2019 ook volgens rekords ’n droër jaar as voriges wat die Kaap al beleef het

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters