7 dae gelede
Wenner gee suit vir tjom
Deftig: Tino Ross (Hoërskool Buren), Keith Pitcher (Smart Men Suit Hire) en Aiden Daniels (Hoërskool Westridge).Foto: Melinda Stuurman  ~ 

DIÉ matrikulante gaan danksy Son sommer baie deftig lyk op hulle matriekafskeid.

Drie jong mans het elk die gebruik van ’n formele pak van Smart Men Suit Hire gewen.

Tino Ross (17) van die Hoërskool Buren in Brooklyn het self aan die kompe­tisie deelgeneem. Aiden Daniels (19) van die Hoërskool Westridge in Mitchells Plain het sy ma gevra om namens hom in te skryf.

Prys

Die twee het benadruk die suits wat hulle op die foto hierbo aan het, was net vir die fitting. Dis nie wat hulle na die afskeid gaan dra nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters