7 dae gelede
Wenk help cops tik en wapen kry
DODELIK: Dié ongelisensieerde vuurwapen is gekonfiskeer.  ~ Foto Verskaf

’N VERDAGTE het gou agter tralies beland danksy die flinke optrede van lede van die polisie.

Die snaar is betrap met ’n ongelisensieerde vuurwapen en drugs in sy besit.

Kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, sê die verdagte is gistermiddag in Elsiesrivier aangekeer.

Toneel

Benewens die vuurwapen is ammunisie by hom gekry.

Terwyl polisie Sondag besig was om na ’n ander toneel te gaan, het hulle ’n tip-off ontvang.

Dit het hulle na ’n wendyhuis in Clarkes Estate gelei. Die plek is deursoek.

Die drugs en vuurwapen is toe ontdek.

Die verdagte (29) sal eersdaags in die hof verskyn nadat die klagte teen hom geformuleer is.

Hy sal in die Goodwood-landdroshof voorkom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters