27 dae gelede
‘Weerman’ het nie Catza kans
rassis: Die kat’s al weer los tussen die duiwe ná Adam Catzavelos se rant.  ~ 

DIE rassis Adam Catzavelos se toekoms lyk heelwat bleker as Griekeland se weer wat hy voorspel het.

Catzavelos het sosiale netwerke omtrent gebreek en oornag die mees gehate Suid-Afrikaanse toeris geraak met sy weerverslag-video waarin hy sê daar’s geen k*ff*r in sig nie.

Sy presies woorde is: “Not one k*ff*r in sight, f*cking heaven on earth. You cannot beat this!”

Dié stront het wêreldwyd en in Suid-Afrika mense se bloed laat kook.

Catzavelos, eens ’n welbekende sakeman, het intussen sy job by die familiebesigheid saam met sy reputasie koebaai gesoen.

Sy voortvarendheid het ook sy vrou en kinders se toekoms bitter bleek gemaak.

Catzavelos mag nie meer sy voet by sy kinders se skool sit nie. Intussen het twee Nike-winkels in Johannesburg – waar Catzavelos se vrou as ’n handelsdirekteur werk – glo hulle deure gesluit.

Nuus24 berig verskeie besighede het ook Catzavelos se kosmaatskappy, St. George’s Fine Foods, weens die rassistiese kommentaar gepos.

Onder die mense wat beef het met hom, is The Butcher Shop. Dié het op Twitter shade gegooi en gesê hulle boikot Catzavelos.

Die vleismanne twiet dat hulle vir eers nie steak-sous in hul winkels het nie “terwyl ons ’n nuwe verskaffer kry wat ons waardes weerspieël”.

The Open Food Group en The Baron Group het ook bevestig dat hulle Catzavelos en sy maatskappy in hulle moer stuur. Twitter-gebruikers maak ook lekker gat van die “weervoorspelling” met die #AdamCatzavelosChallenge, waar mense hulle eie fake weerverslae maak.

Mense het gevra dat die ou heeltemal van Suid-Afrika af moet wegbly. Selfs sy familie sê nou hy is eintlik aangeneem.

Die EFF het ook ’n saak teen Catzavelos geopen.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters