6 dae gelede
Waterskenkings gereël, so droog is dit
Help! Die droogte in die omgewing van Mosselbaai is erg.  ~ Foto ter illustrasie:Jonathan Lestrade

MOSSELBAAI. – Landbougemeenskappe in dié gebied suffer onder die droogte.

Dit sluit in die plaasgemeenskappe van Herberts­dale, Hemelkop, Buisplaas en Ruiterbos.

Mayor Harry Levendal se plaaslike raad en die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) maak nou water bymekaar vir dié plekke.

Voorlopig word gepoog om 100 000F water te versamel.

Inwoners word gevra om 5F-houers vol water te skenk en dit af te lewer by die Mosselbaai-brandweerstasie in Louis Fourieweg.

Rdl. Dirk Kotze en ander raadslede rig dié versoek.

Die water sal dan van daar na die gebiede wat erg gebuk gaan onder die droogte, versprei word.

Kotze sê: “Ons in die dorp draai gerieflik ’n kraan oop.

Hartverskeurend

“Ons besef egter nie die nood van die plaasgemeenskappe wanneer hulle waterpype leeg is nie.

“Die toestande op die plase in ons onmiddellike omgewing is hartverskeurend.”

Raadsheer Petru Ter­blanche voeg by: “Mosselbaaiers het nog altyd ruimskoots bygedra wanneer op hulle knoppie gedruk word.”

Die water sal môre in die landbougemeenskappe afgelewer word.

Die damvlakke in die Mosselbaai-omgewing bly daal. Die Klipheuwel Dam bevat minder as 50% water.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters