9 dae gelede
Water en sanitasie tydelik in Samora Machel gestaak
water
STOP: Water en sanitasie-diensversoeke word tydelik gestaak in Samora Machel.  ~ foto ter illustrasie

"ONS HET nodig dat die gemeenskap ons ore en oë moet wees.

Sò smeek die Stad Kaapstad se maycolid vir water en sanitasie, Xanthea Limberg.

Haar versoek kom nadat daar 'n geweldadige aanval Dinsdagoggend op personeellede van die in Samora Machel was.

Een van die werkers is ook tydens die voorval raakgeskiet.

Limberg sê wat dit meer sinneloos maak is dat die vier aanvallers nog tieners is.

Sy verduidelik dat die span besig was met herstelwerk toe die voorval plaasvind.

"Ten tye van die aanval was die span besig met herstelwerk van 'n rioolpyp wat ineengestort het.

"Die werkers is van hul besittings, wat insluit beursie en selfone, beroof. Infrastruktuur van die stad is ook beskadig."

Volgens Limberg is die personeellid wie raakgeskiet is 'n toesighouer, wie tans in die hospitaal is.

"Die koeël het sy ruggraat net gemis en hy sal 'n operasie moet ondergaan."

Weens die aanval word water en sanitasie-diensversoeke tot verdere kennisgewing gestaak.

Limberg voeg by: "Ons kan dit nie bekostig dat sulke aanvalle 'n impak op dienslewering aan gemeenskappe het nie.

"Die stad veroordeel die aanval op personeel en spanne sal eers terugkeer wanneer dit veilig is."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters