5 maande gelede
Walvis vrek in Simonstad
walvis
'n Walvis is van kant gemaak nadat dit in 'n vissersnet verstrengel het.  ~ SABC

'N WALVIS moes Woensdag in Simonstad van kant gemaak word nadat dit verstrengel geraak het in 'n vissersnet.

Swati Thiyagarajan, 'n bewaringsjoernalis, sê die walvis het groot snye aan sy lyf opgedoen.

Omgewingskundiges sê dis die agtste walvis in die laaste twee jaar wat so vrek.

Thiyagarajan sê hierdie tipe vissery bevoordeel nie plaaslike gemeenskappe nie.

"Dis ook nie iets wat die plaaslike ekonomie bevoordeel nie. Dis twee mense wat 'n boot besit met ses mense wat vir hulle werk en seekat jag om na China uit te voer," sê sy.

Sy sê dis nutteloos om 'n spesie dood te maak wat 'n groot trekpleister vir toerisme is. - SABC

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters