14 dae gelede
Wallet vir eensames gevonnis
BEDRIEG: Christiano Ogbeifun het deur middel van online dating vroue uit miljoene rande bedrieg.  ~ Foto ter illustrasie: Netwerk24

’N NIGERIËR is Donderdag in Bellville se spesiale hof gevonnis. Hy het ’n online dating scam bedryf en vulnerable vroue uit miljoene rande bedrieg.

Christiano Ogbeifun (50) is sewe jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan 24 klagte van bedrog en ’n klag van geldwassery.

Volgens Zinzi Hani van die Valke het Ogbeifun ’n pleit-en-vonnisooreenkoms met die staat aangegaan.

Hy het erken hy was lid van ’n sindikaat wat ’n online dating scam bedryf het. Hulle wou groot geld uit hul eensame slagoffers maak.

Vervang

In hul ondersoek het die Valke uitgevind dat Ogbeifun ’n vals dating profile met die naam Ceed gebruik het.

Hani sê “Ceed” het sy slagoffers gevra om hom te help om sy beskadigde rekenaar te vervang. Een vrou het R600 486,20 deur Marginalen Bank in ’n Standard Bank-rekening inbetaal wat later as Ogbeifun s’n geïdentifiseer is.

Tussen 22 Januarie en 3 September 2014 het Ogbeifun­ R4,1 miljoen uit sy slagoffers gescam. Hy het almal belowe om hulle terug te betaal. Standard Bank het by verdere ondersoek bevestig dat die rekening Ogbeifun s’n is.

Hy het 15 jaar gevangenisstraf gekry vir 24 klagte van bedrog. en vyf jaar vir geldwassery. Agt jaar hiervan is vir vyf jaar opgeskort. Amerika se FBI ondersoek hom ook as ’n persoon wat wire fraud gepleeg het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters