5 maande gelede
Vyfjarige se killer sit lewenslank
Minentle LekathaFOTO Verskaf  ~ 

’N BEN 10 van die Strand wat sy meisie se kleinkind verkrag en vermoor het, is gister drie lewenslange vonnisse opgelê.

Xolani Lantu (35) is gister op sy birthday gevonnis. Lantu is op 6 Junie 2017 in hegtenis geneem vir die moord op Minentle Lekatha (5). Minentle se lyk is op 3 Junie 2017 onder ’n voetbrug naby Broadway Boulevard gevind.

Beeldmateriaal van ’n kringtelevisiekamera het gewys hoe Lantu die kind na die voetbrug dra. Onder die voetbrug het hy haar verkrag en toe vermoor.

Lantu was toe in ’n verhouding met Minentle se ouma Thelma Bomela.

In sy pleitverduideliking het hy gesê hy was kwaad vir Bomela nadat hy gehoor het sy cheat op hom.

Lantu het gesê hy is jammer oor sy dade en daarom het hy skuldig gepleit.

Die staatsaanklaer, adv. Maria Marshall, het betoog dat dit onwaar is.

“Hy is ’n monster en ’n lafaard wat ’n jong kind vermoor het.

“Sy was ’n onskuldige kind wat nie verdien het om só dood te gaan nie.

“Nadat hy die kind verkrag en vermoor het, het hy haar soos vullis daar gelos sodat die rotte haar moet opvreet.”

Regter Derek Wille het Lantu vir lewenslank tronk toe gestuur vir moord. Hy is ook lewenslange vonnisse opgelê vir elke verkragting.

Die nasionale vervolgingsgesag en die polisie het die vonnis verwelkom.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters