Verlede maand
Vyf trokke vat tumble
verloor beheer: Die trok is in die Piekenierskloofpas van die pad af.Foto’s verskaf  ~ 

VYF vragmotors het binne drie dae op verskillende plekke in die Wes-Kaap omgeslaan.

Een van die ongelukke het Donderdagoggend op die Piekenierskloofpas by Citrusdal gebeur.

Die vragmotor het dele van ’n windturbine vervoer. Die bestuurder het beheer oor die trok verloor en dit is bergaf.

Die driver was in die wrak vasgekeer. Hy is lewend uitgekry, maar het op pad hospitaal toe gesterf.

Kenny Africa, die Wes-Kaapse verkeershoof, het gesê die bestuurder van die vragmotor het op die N7 beheer daaroor verloor en teen die berg afgery.

In nog ’n voorval Woensdag het ’n vragmotor op die N1 naby Touwsrivier omgeslaan. Twee mense is lig beseer.

Dinsdag het ’n vragmotor naby Houwhoek op die N2 omgeslaan. Niemand is in dié ongeluk beseer nie.

Volgens Africa het ’n vrag­motor Woensdag op die N1 naby De Doorns omgeslaan.

Die pad was ’n ruk lank gesluit omdat die vragmotor oor albei bane gelê het.

Woensdagoggend het ’n vragmotor ook in die Robinsonpas tussen Mosselbaai en Oudtshoorn omgeslaan.

Africa het gesê ’n menslike fout kon tot die ongelukke gelei het.

Hy het gevra bestuurders moet seker maak hulle voertuig se bande en remme is reg en die vrag wat hulle vervoer, is eweredig versprei.

“Dit gebeur dat mense aan die slaap raak en soms nalatig is,” het hy bygevoeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters