3 maande gelede
Vyf cops voor na ou omkom
AANGERAND: Jason Heyns word pap geslaan. Hy het ’n week later in die hospitaal beswyk. INLAS: Heyns se familie is bly die wiele van geregtigheid rol hul kant toe.  ~ Skermgreep: Verskaf

DIE familie van die vermoorde Jason Heyns van Hopland in Vredenburg voel meer gerus nadat vyf cops Woensdag in hegtenis geneem is vir sy moord.

Heyns is op 23 Oktober wreed aangerand. Hy het sewe dae later in die Groote Schuur-hospitaal gesterf.

Konst. Ronaldo Joubert, AO Fanie van Zyl, sers. Franklin van Rooyen, konst. Alvin Koopman en ’n sers. Mbovane loop nou hof oor die moord.

Heyns se suster, Jessica Heyns, sê sy voel tevrede noudat die verdagtes uiteindelik gearresteer is.

Sy sê hulle het glad nie verwag dat dit so gou sal wees nie. “Ons het gedink dit gaan eers volgende jaar gebeur.”

Heyns sê die familie wou nie hê die beskuldigdes moet bail kry nie, want hulle is bang die polisiebeamptes sal die getuies intimideer.

“Baie mense van die gemeenskap voel die polisie het ons gefaal. Hulle is veronderstel om ons te dien en te beskerm.”

“Hy was ’n krimineel, maar hy het nie verdien om op so ’n manier te sterf nie,” sê sy hartseer.

Die familie wil net hê geregtigheid moet geskied en die skuldiges moet boet vir hul dade.

Sy ma, Silvia Stoffels, was gister by die hof toe die beskuldigdes verskyn het.

Sy is baie hartseer en ongelukkig daaroor omdat die beskuldigdes nie in Malmesbury aangehou word nie, maar in Langebaan.

Sy is wel bly hulle is almal borgtog geweier.

“Al die ander word Malmesbury toe gestuur. Hoekom moet hulle in Langebaan aangehou word?” wou sy weet.

Stoffels wil ook weet wat cops anders maak as ander wat van ’n misdaad beskuldig word.

Sy sê sy sal elke hofverskyning bywoon totdat geregtigheid geskied, want haar kind is doodgemartel.

Die saak teen die vyf cops is Woensdag uitgestel tot 3 Desember.

RONALDO JOUBERT­FOTO’S VERSKAF
ALVIN KOOPMAN
FANIE VAN ZYL
FRANKLIN VAN ROOYEN
SERSANT MBOVANE

Aandag

Die beskuldigdes kan dan aansoek doen om borgtog.

Hulle bly tot dan in aanhouding.

Basil Afrika berig Heyns is na bewering in die aanhoudingselle van die Vredenburg-polisiestasie aangerand en die voorval is daarna nie onder die aandag van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) gebring nie.

Opod het eers daarvan te hore gekom nadat Heyns se ouers ’n klag by hulle gelê het.

Volgens Ndileka Cola, ’n Opod-woordvoerder, het die cops nie die voorval by hulle aangemeld nie, maar Heyns se familie het op 3 November ’n aanrandingsaak gemaak.

Cola sê: “Opod het ’n in-diepte-ondersoek na die voorval begin.

“Dit het gelei tot die identifisering en arrestasie van die vyf polisielede wat by die voorval betrokke was.”

  • Die voorval het ou wonde oopgekrap.

Vroeër vanjaar is Leo Williams (9) van Laingville, ook aan die Weskus, dood nadat ’n dwaalkoeël, vermoedelik uit ’n polisiewapen, hom getref het.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters