10 dae gelede
Vure oor vrae
brand: Vrygrond is al bekend vir betogings. Foto ter illustrasie: Melinda Stuurman  ~ 

TYRES het gisteroggend weer op die besige M5-snelweg gebrand.

Dis toe ontstelde inwoners van Vrygrond naby Muizenberg hul frustrasies straat toe gevat het.

Meer as 100 inwoners het Prince George-rylaan versper en brande gestig.

Dit was omdat hulle voel hulle kry nie antwoorde van die Stad Kaapstad nie.

Michael Kumalo, die voorsitter van die Vrygrond-gemeenskapsforum, sê hul vrae word al jare lank nie beantwoord nie.

Kumalo sê: “Ons mense woon in omstandighede wat nie vir ’n mens geskik is nie.

“Hulle het nie toilets nie, hulle het nie krag nie, en dit het ’n domino effect op ons kinders en vrouens.”

Volgens Kumalo het die inwoners toe besluit dat hulle genoeg gehad het.

Hy wonder: “Hoeveel van ons vrouens en kinders gaan in die bosse verkrag word? Want dis waar hulle toilet toe moet gaan. Hoe lank gaan ons nog vir die Stad wag?”

Hy sê dinge het ’n bietjie handuit geruk totdat die polisie ingegryp het.

Kumalo sê: “Dit was veronderstel om ’n vreedsame protest te wees, maar jy kry altyd daai persone wat goete opstook.

“Die gemeenskap is baie groot. So, ons weet nie wie hulle is nie.”

Kumalo sê hulle sal nie ophou tensy hulle saam met die Stad kan sit nie.

Hy eis: “Dié keer wil ons dit op papier hê. Ons gaan nie net na beloftes luister nie.

“Ons het ’n klompie vrae, maar geen antwoorde nie, en sonder die Stad sal ons nêrens kom nie.”

Inwoners wat om Vrygrond woon, is bitter kwaad oor die betogers se optrede.

’n Antie wat in Muizenberg woon, en wat anoniem wil bly, sê die betogers het so ver gegaan as om klippe na karre te gooi.

Sy sê: “Ons kon nie gebruik maak van taxi’s nie. Hulle het even probeer om by ons kant in te kom.”

Geweldpleging

Mihlali Majikela, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig wat die antie gesê het.

Majikela sê ’n saak van openbare geweldpleging is geopen.

Hy sê: “Klippe is gegooi en tyres is gerand. Geen besighede is beskadig nie en geen arrestasies is gedoen nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters