Verlede maand
Vuilgoed skiet ou dood in sy ‘taxi’
TONEEL: ’n Man is in sy kar in Langa doodgeskiet.  ~ Foto Verskaf

’N MAN is Maandagaand in sy kar in Langa doodgeskiet.

Die voorval het 19:50 plaasgevind, sê sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder.

Volgens Rwexana is ’n 42-jarige man dood in sy Toyota Etios aangetref. Inwoners van Langa beweer die man was ’n Uber driver.

“Daar kon nog nie bevestig word of die bestuurder deel was van e-hailing-dienste nie,” het Rwexana gesê.

Ondersoek

Uber sê in reaksie hulle het die saak ondersoek en kan bevestig dat die voorval nie verwant is aan Uber nie.

Volgens Rwexana is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Ons ondersoek die omstandighede rondom die voorval en die polisie volg elke leidraad op.”

Mense met inligting oor die voorval kan die polisie se tolvrye Stop Misdaad-nommer bel by 08600 10111.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters