3 maande gelede
Vrywilligers help huise bou
waardevolle skills: Edries Levy van Media24 se instandhoudingsdepartement bou gister ’n huis in Mfuleni vir Mandela-dag. Foto’s: melinda stuurman  ~ 

DIS ’n lekker gevoel om deel te kan wees van Madiba se visie om die nasie te bou.

Só sê werknemers van Media24 se instandhoudingsdepartement wat gister deelgeneem het aan ­Habitat for Humanity se behuisingsprojek in Mfuleni.

Volgens dié werkers het hulle vrywillig ingestem om die werk vir oudpres. Nelson Mandela te doen.

Hulle het voor die tyd hul bestuurder se toestemming gekry om huise in dié area van die grond af te bou.

Edries Levy, een van die werkers, was gister besig met messelwerk toe Son by die betrokke site aankom.

Levy sê: “Dit voel lekker om dit vir die mense te kan doen. Ek geniet dit, soos julle kan sien.”

Mario Fortuin, ook ’n werker, sê hulle het Maandag begin en sal die res van die week help om soveel huise moontlik te bou.

Fortuin vertel: “Die behuisingsprojek het al in 2010 begin.

“Die hele area was net shacks, maar soos jy kan sien, is daar nou meer steenhuise as shacks.

“Dit is nogal ’n rustige area. Die mense is vriendelik en ek het niks snaaks hier gesien nie.

“Dis ’n plesier om só diens in Madiba se naam te kan doen.

“Dit voel baie lekker om deel hiervan te kan wees.”

trots: Dié werknemers van Media24 sê dit voel goed deel te wees van Madiba se visie om die nasie te bou deur huise te bou.
SIT HAND BY: Samuel Sampson (voor) van Media24 help gister om stene te dra vir die messelaars.
waardevolle skills: Edries Levy van Media24 se instandhoudingsdepartement bou gister ’n huis in Mfuleni vir Mandela-dag. Foto’s: melinda stuurman

Samuel Sampson, nog ’n werknemer wat gehelp het met die bouwerk, sê hy is ook bly om iets vir ander mense te kan doen.

Hy sê trots: “Wat ons kan doen, doen ons vir Madiba.”

“Ons het ingewillig, want ons hét mos die nodige skills.”

Ismail Abrahams, die vierde Media24-werker, sê dis goed om ’n bietjie uit die kantoor te wees.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters