8 dae gelede
Vroue thrive danksy drive
KYK NET! Rochelle Afrika het nooit gedink sy sou in die lockdown kon leer bestuur nie.  ~ Foto Verskaf

ONS prez het gendergeweld (GBV) al beskryf as die “ander pandemie” waarmee die land sukkel.

Dis hoekom Joanie Fredericks van Mitchells Plain begin dink het aan hoe vroue veilig en sonder teistering vervoer kan word.

Fredericks is bekend vir haar uitgesprokenheid en aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.

Sy sê weens die pandemie en die beperkings wat ingestel is, is haar werk nou selfs moeiliker.

Fredericks vertel: “Al deal ons met Covid, is daar steeds ’n toename in GBV.

“Ons vroue word steeds verkrag, mishandel en aangerand.”

Fredericks het ’n diens begin wat sy House of Ladies Transport Services noem.

Sy verduidelik die doel van hierdie vervoerdiens is om vroue, kinders en ander kwesbares veilig tot by hul bestemming te vervoer.

Sy vertel opgewonde oor die inisiatief: “Daar is ’n added bonus: Ons bied ook bestuurslesse aan.

“Die verskil is dat vroue die vervoerdiens aanbied vir vroue, kinders en ander kwes­bares.”

Volgens Fredericks het hulle ook besluit om dit te doen omdat sy weet hoe baie mense in die Mitchells Plain-omgewing met vervoerdienste sukkel.

“Ons mense het nie geld nie en sommige tye benodig ’n mens vervoer om besigheid te gaan afhandel.

“Soos dit is, is ons openbare vervoerstelsel oorlaai.

“Dis ’n bekende feit dat dit ’n gevaar kan inhou.

“Die veiligheid van die mense oor wie ons worry, kan nie daar gewaarborg word nie.”

Omdat misdadigers Uber drivers in Mitchells Plain ál meer teiken, is dit ook nie maklik om sommer net ’n Uber te boek nie.

BAIE TROTS: Natalie Moses is nog een van die drivers wat danksy die organisasie haar rybewys gekry het. Foto Verskaf

Fredericks verduidelik dis hoekom sy mense binne dié gebiede kry om hul spesiale diens te lewer.

Die no-nonsense Fredericks verseker voornemende klante dat hulle met dié diens alle Covid-19-protokolle volg.

“Niemand klim in die kar sonder dat hul temperatuur gemeet is nie.

“Jy moet ook gereeld sanitise en die kar mag nie oorlaai word nie. Niemand sonder ’n masker kan inklim nie.

Uitvind

“In hierdie stadium bied ons vervoer oral in en rondom Mitchells Plain aan.

“Ons vervoer ook mense van Mitchells Plain na en van hul werkplek en ons is trots daarop.”

  • Enige een wat nog wil uitvind oor die unieke diens waarmee Fredericks begin het, kan haar whatsapp by 076 621 0245.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters