3 maande gelede
Vroue sê hulle wis van niks
onder huisarres: Porcia van Niekerk en Princess Gopie is kwaai dikbek buite die Goodwood Landdroshof.Foto: BASIL AFRIKA  ~ 

NURSE Elizabeth Wil­liams (38), “Miemie the Pooh”, se medebeskuldigdes hou voet by stuk hulle is onskuldig.

Porcia van Niekerk (25) en Princess Gopie (25) het Maandag weer saam met Williams in die Goodwood Landdroshof verskyn.

Hulle is Woensdag op borgtog van R1 000 elk vrygelaat en kom Woensdag weer voor.

Die aansoek om borgtog van Wil­liams, ’n verpleegster by die Tygerberg Hospitaal, is weer uitgestel.

Dis oor die landdros nog nie gereed is om daaroor te beslis nie.

Williams staan tereg op klagte van intimidasie, aanranding met die doel om ernstig te beseer en naamskending.

Dis nadat sy ene Dienkie (27) van Elsiesrivier gedwing het om hondestront te eet oor sy na bewering met haar boyfriend jol.

Daar word beweer dat Dienkie ook gedwing is om aborsiepille te drink en met ’n knopkierie aangerand is.

Van Niekerk en Gopie sê hulle het niks met die hondestront-etery te doen nie.

’n Omgekrapte, Van Niekerk sê: “Ons ken Miemie van sien, ja, maar ons het nog nooit met haar gepraat nie.

“Ons het Dienkie nie onder valse voorwendsel van die huis weggelok nie.

“Sy het haar naels vir die troue kom doen, en Miemie het haar daar gekry. Ons het niks geweet nie.

“Haar kêrel se ma het vir Dienkie gewaarsku dat Miemie haar soek. Sy het Dienkie geroep, en toe sy uitgaan, hak Miemie vir Dienkie en vat haar toe na haar huis.

“Miemie en Dienkie het later by ons huis aangekom met die sak stront.

“Dienkie het haar vertel ek het ook met haar boyfriend geslaap.

“Sy het my toe met die hond se ketting gewurg.

Aangeklop

“Ek het nog nooit met haar boyfriend geslaap nie.

“Hy het by my aangeklop, maar ek het nie belang gestel nie. Hy’s ’n player wat ’n klomp meide het.”

Gopie sê die cops het hulle 05:00 by die huis gearresteer.

Sy sê: “Ek is baie kwaad dat ons ook aangekla is, want ons is onskuldig.

“Ons kan nou nêrens loop nie, want ons is onder huis­arres.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters