23 dae gelede
Brand: Vroue, kids verwyder
Saartjie Baartman setrum brand
'n Brand het by die Saartjie Baartman-setrum uitgebreek.  ~ Foto Verskaf

’N SWANGER inwoner van die Saartjie Baartman-sentrum in Manenberg is Maandagoggend na ’n nabye hospitaal gejaag ná ’n brand hier uitgebreek het. 

Volgens Jermaine Carelse, ’n woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand- en reddingdienste, het die brand net ná 07:00 ontstaan. “Die brand het op die eerste vloer van die woonstelblok begin.” 

Die Saartjie Baartman sentrum is ’n plek van veiligheid vir mishandelde vroue en kinders. Die sentrum help op ’n daaglikse basis 120 vroue en is altyd vol. Vroue wat abuse is kan hier saam met hul kinders kom bly. Die shelter-diens duur vier maande.

Carelse sê die kinders en die vroue is uit die plek ontruim.“Brandbestryders van Epping, Gugulethu en Ottery is na die plek ontplooi. Die brand is net voor 09:00 geblus.”

Hy sê niemand is beseer in die brand nie, maar ’n vrou wat sewe maande swanger is wat gesukkel het met kortasem is na die hospitaal geneem.

Dit is nog nie bekend wat die oorsaak en skade van die brand is nie. 




Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters