Verlede maand
Vrou voor vir moord op ou
’n Man het sy lewe verloor toe hy gelem is.  ~ Foto ter Illustrasie

’N VROU, Vuyokazi Kwangi (38), van Sun City in Sir Lowry’s Pass Village het gister in die Somerset-Wes Landdroshof verskyn vir die moord op haar boyfriend, Tshapile Thembani (33).

Die voorval het Sondag omstreeks 16:00 in Van Aardestraat plaasgevind.

Motief

Volgens die polisie is die oorledene met ’n skerp voorwerp doodgesteek.

Die polisie kon nog nie vasstel wat die motief vir die moord was nie.

Die saak teen die beskuldigde is tot 19 Maart uitgestel vir nader ondersoek en ’n borgtogaansoek.

Sy bly intussen in aanhouding.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters