Verlede maand
Vrou voor cop se oë ontvoer
VERDAGTE: Een van die vermeende ontvoerders lê geboei langs die pad.  ~ Foto Verskaf

’N VROU (26) is Donderdagmiddag reg voor ’n traffic cop ontvoer.

Die voorval in Stock Road, Philippi-Oos, het soos ’n scene­ uit ’n Hollywood movie gelyk.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek die omstandig­hede rondom die ontvoering.

“Die slagoffer is deur ’n verkeersbeampte gestop.

“Terwyl hulle langs die pad gestaan het, het verdagtes in ’n wit Hyundai-minibus die vrou in hul voertuig geforseer en weggery,” sê hy.

Traut sê die polisie het die voertuig agternagesit.

Dit was later in Hindle Road in ’n ongeluk betrokke.

“Die slagoffer is nie beseer nie en sy is nie leed aangedoen nie,” sê Traut.

Son is in besit van ’n voice note hieroor wat in die sosiale media die rondte doen. In die voice note beskryf ’n vrou wat sy na bewering gesien het.

Volgens haar het sy net ná 17:00 gesien hoe die traffic cop naby AZ Berman Drive ’n vroulike motoris aftrek.

Die motoris het op ’n gravel pitch langs die pad stilgehou.

“Hy het ’n uniform aangehad en met ’n clipboard in sy hand met haar gesels. Ek dink hy was besig om ’n fine uit te skryf.”

Die vrou beskryf verder in die voice note dat daar toe ’n wit van langs hulle opgetrek het.

“Drie ouens het uitgespring en haar in die van inforseer.

“Ek het net haar voete gesien en kon hoor hoe sy skreeu.”

Sy sê verder sy het gesien hoe die traffic cop in sy kar spring en in A Z Berman afry.

Uitgespring

Die vrou vertel die van het reckless gery en later in ’n ditch beland.

Die slagoffer het ’n kans gekry om te ontsnap en sy het uitgespring.

Traut sê een verdagte is in hegtenis geneem. Hy sal in die hof verskyn sodra hy aangekla is.

Die ander verdagtes het daarin geslaag om weg te kom.

Teen druktyd was hulle nog op vrye voet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters