7 dae gelede
Vrou verstik ampertjies
treinstasie
LIGTE LAAIE: Dié gebou was gou onder vlamme.  ~ 

’N HAWELOSE vrou wat in ’n verlate Metrorail-kaartjiekantoor gebly het, is vir rookinaseming behandel nadat die gebou aan die brand geslaan het.

Dié voorval het Maandag net ná 15:30 in Ath­lone plaasgevind. 

Brandweer-paramedici het die vrou op die toneel behandel. 

Volgens Jermaine Carelse, woordvoerder van die Stad Kaapstad se brandweerdienste, het die verlate gebou in Aden-laan erge skade aan die dak opgedoen. Daar was ook klomp rommel in die gebou wat aan die brand geslaan het.

Carelse sê: “Dit wil voorkom dat iemand wat in die verlate gebou gebly het, die brand veroorsaak het. ’n Vrou is deur die brandweermanne op die toneel vir rookinaseming behandel.

“Die brandweerdienste van Soutrivier en Ottery was op die toneel. Die vlamme is ’n uur daarna geblus.”

Die binnekant van die gebou het erg onder die brand deurgeloop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters