3 maande gelede
Vrou van Vlakte is al 18 jaar skoonveld
SPOORLOOS: Felicity Suzanne Daniels Hendricks se familie soek al amper twee dekades na haar.  ~ Foto Verskaf

DIE familie van ’n vrou van die Kaapse Vlakte soek al 18 jaar na haar.

Felicity Suzanne Daniels Hendricks het in Sneeubergstraat in Hillview gewoon.

Sy het vermis geraak nadat sy en haar man, Donovan Hendricks, ’n uitval gehad het.

Die paartjie se woning is glo destyds tydens hierdie stryery aan die brand gesteek. Ná die brand het Felicity die pad gevat.

Die egpaar het twee seuns.

Haar familie het haar sedertdien nie gesien nie en wonder nou al jare wat van haar geword het.

Mense wat weet waar sy is, kan die familie by 071 889 6008 bel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters