Verlede maand
Vrou loop hof weens doodsteek
Shanique Filander  ~ Facebook

’N VROU van Macassar het gister in die Somerset-Wes- landdroshof op aanklag van moord verskyn.

Die saak het te doen met ’n voorval Donderdag naby Zandvlietweg, toe Shanique Filander, ’n inwoner van die Strand, na bewering met ’n skerp voorwerp doodgesteek is.

Die polisie sê hulle weet nog nie wat die motief vir die moord was nie, maar die mense wat op die toneel was, beweer Filander was in ’n stryery met die verweerder, Whitney Booysen (32), betrokke. Filander het op die toneel gesterf.

Beswyk

Die saak teen die beskuldigde is tot Maandag uitgestel vir ’n borgtogaansoek.

  • Heinrich Moses, ook van Macassar, het ­Maandagoggend aan sy wonde beswyk nadat hy Sondag omstreeks 17:40 geskiet is.

Volgens die polisie het die voorval in Jacobslaan, in die woonbuurt Chris ­Hani Park, plaasgevind toe die slagoffer daar geskiet is.

Hy is na die Helderberg Hospitaal in Somerset-Wes geneem, maar is dadelik na die Tygerberg Hospitaal oorgeplaas.

Die polisie in Macassar wil graag hê die publiek moet hulle help met die Moses-moord. Enige iemand met inligting kan hulle by 021 857 7122 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters