Verlede maand
Vrou in treinbotsing beseer
simonsvlei,metrorail,treinongeluk
'n Vrou, glo in haar 50s, is beseer toe haar voertuig met 'n trein op die Simonsvleipad bots.  ~ Twitter

'N VROU is beseer in 'n botsing tussen 'n trein en 'n ligte voertuig by die kruising op die Simonsvlei-pad tussen Paarl en Klapmuts.

Metrorail  sê die voorval het Dinsdagoggend om 10:23 plaasgevind.

Russel Meiring, 'n woordvoerder van ER24, sê 'n vrou in haar 50's was in haar motor vasgekeer.

Meiring sê die vrou is vir verdere behandeling na die hospitaal geneem nadat sy uit die voertuig bevry is.

Geen ander beserings is sover aangemeld nie.

Riana Scott, woordvoerder vir Metrorail, sê: "Die onmiddellike impak van die voorval het gemaak dat trein nommer 3511 tussen stasies stilgestaan het, trein 3513 gekanselleer is en alle ander Wellington-treine nie verder as Kraaifontein kon ry nie.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

Die impak op die middag se diens sal gedurende die dag gekommunikeer word.

    
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters