Verlede maand
Vrou in arres vir mesmoord
MISDAADTONEEL: Mediese personeel verwyder die lyk van die winkeleienaar.  ~ Leon Knipe

’N JONG vrou van Mitchells Plain sit in die tjoekie as verdagte in die moord op ’n Pakistanse winkelbaas.

Die 38-jarige Pakistani is omstreeks 19:15 in sy winkel in Kilimanjaro-straat in die nek gesteek en is op die toneel dood.

Die 21-jarige verdagte is kort ná die moord in Mitchells Plain gearresteer.

Luidens gerugte het die verdagte en ’n vriendin by die winkel ingegaan en na die winkeleienaar se kamer gegaan.

Hy het na bewering probeer om die ander meisie (17) te verkrag, toe steek die verdagte hom in die nek.

Sommige inwoners maak dit as ’n wolhaarstorie af en beweer die meisies het met die doel gegaan om hom te beroof.

Ondersoek

Die twee meisies het glo bande met die Americans-bende en dis hul modus operandi om buitelandse winkeleienaars so te beroof.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig ’n 21-jarige vrou is vir die moord gearresteer.

Van Wyk sê: “Die omstandighede en motief vir die moord word nog ondersoek.

“Die verdagte sal binnekort in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn.”

Enige persone met inligting kan die ondersoek­beampte in dié saak, speurkonst. Edwin Jordaan van Mitchells Plain se eenheid vir ernstige misdaad, by 082 777 8076 kontak.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters