20 dae gelede
Vrou al 4 jaar weg
MISSING: Ná vier jaar is daar nog geen spoor van Raymonde Boltman (27) nie.  ~ Foto Verskaf

REEDS vier jaar gelede het sy soos mis voor die son verdwyn.

Die familie van Raymonde Boltman (27) van Mitchells Plain hunker steeds elke dag na haar.

Haar ma het haar op 20 April 2016 laas gesien.

Dít was toe sy haar by die Clock Tower in Lentegeur, Mitchells Plain, gaan aflaai het om ’n bus te haal werk toe.

Toe Boltman se saak toe net nog ’n cold case word, het Leon Rossouw van Consulting Detectives, ’n speuragentskap in Bloemfontein, ingespring om te probeer om die familie te help.

Volgens Rossouw, ’n privaat speurder, het Boltman op daardie dag nooit by haar werk by ’n plastiekfabriek in Elsiesrivier aangekom nie.

Dit lyk verder asof sy nooit eens op die bus was nie.

Haar suster Genevieve sê dit bly vir hulle moeilik om aan te beweeg sonder haar.

Rossouw sê: “Ek probeer om vir die families nuwe leidrade te kry

“Dit is ’n proses, want ons moet van die dossiere nou laat heropen en kyk wat het fout gegaan en hoekom die ondersoek doodgeloop het.

“Verder werk ons op ’n tydlyn en net met feite rondom die saak.”

Rossouw sê Boltman se storie moet vertel word en nie in ’n filing-kabinet begrawe word nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters