18 dae gelede
#KYK: Vriende onthou Lynette Volschenk
(Facebook)
Lynette Volschenk (Facebook)  ~ 

VRIENDE en kollegas van Lynette Volschenk het Maandagaand vroeg by haar woonstelkompleks saamgekom om haar lewe te herdenk.

Blomme is langs Volschenk se kar, buite die Seesig-woonstelblok in Loevenstein gelê.

Vroeër die dag is die saak teen 'n man wie Volschenk na bewering vermoor en haar liggaam in stukke opgekap het uitgestel.

Kyle Ruiters het Maandagoggend sy twee verskyning in die Bellville-landdroshof gemaak.

Ruiters, wie nie aansoek gedoen het om borgtog nie, is kort na die moord in die woonstel betrap.

Volschenk se woonstel is op die 10de verdieping en Ruiters het saam met sy ma, 'n bekende advokaat, op die negende verdieping gewoon.

Ruiters se saak is tot 21 November uitgestel. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters