14 dae gelede
Vrees flood Vlakte
Tazne van Wyk  ~ Foto Verskaf

VREESBEVANGE ouers trust nou nie eens om hulle kinders alleen by die skool te los nie.

Dís hoe die verdwyning van Tazne van Wyk (8) haar gemeenskap, Elsiesrivier, geaffekteer het.

Vandag sal dit ses dae wees sedert die pragtige poppie spoorloos verdwyn het.

Sy is laas by ’n huiswinkel oorkant haar huis in Clarestraat gesien.

Doodloopstraat

Tazne se naam is op die lippe van ál wat ’n ouer is.

Sedert laas week al soek ’n klomp mense na die jong meisie.

Die talle rumours het egter gister net weer in ’n doodloopstraat geëindig.

Die vermeende kidnapper, Moyhdian Pangarker, het hom na bewering by ’n kerk tuisgemaak. Dié kerk is reg om die draai van die Primêre Skool Eurecon, waar Tazne ’n gr. 3-leerder was.

Dis ook die plek waar inwoners van Elsiesrivier die man laas gesien het.

Maria Kriel, ’n inwoner wat help soek, vertel sy het sedert Saterdag nog geen slaap gehad nie.

“Jy weet, ek het kinders, maar ek weet waar my kinders is, dat hulle veilig is.

“Dié mamma weet nie eens of haar kind oukei is nie. Daai is die hartseerste.”

GROOT WORRY: Tazne se ma, Carmen van Wyk (regs), saam met Maria Kriel.

Kriel sê verder hulle het vroeg Dinsdagoggend ’n tip-off gekry dat Pangarker by die kerk is.

“Toe ons daar kom, het ’n man agter Pangarker gehardloop, maar hy was te vinnig vir die uncle.

“Die man is hier rond, want toe die polisie die honde by St. Andrew’s Hoërskool gehad het, het hulle ’n ruik van Pangarker daar gekry. Dis hoekom die mense so oproerig was.

“Hy was in die dak. Hy het hom in die dag daar weggesteek en in die nag by die kerk geslaap.”

MOEDELOOS: Wat staan ons te doen? Dít is die vraag op elke ouer se lippe.

Toe Son gister by Eurecon Primêr ’n draai maak, was daar ’n poster met Tazne se gesig voor die hek.

Van die mammies sit al vanaf die oggendklokkie en wag vir hulle kinders buite die hek.

’n Mammie vertel: “Dié wat met daai meisie gebeur het, wil ek nie hê moet met my kinders ook gebeur nie.

“So, ek drop hulle, wag vir hulle en loop saam met hulle huis toe.”

Emmerentia Kaliza sê daar is ook ’n ooreenkoms tussen ouers wat werk, dat dié wat by die huis is, saam met hulle kinders loop.

“Niemand loop meer alleen huis toe nie.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters