9 maande gelede
Vrae ná nóg ’n cop hom, vrou doodskiet
Foto: Ter Illustrasie  ~ 

IS DIT net ’n geval van jaloesie, of is daar dalk ’n ander rede?

Dít is een van die vrae wat gevra word nadat nóg ’n cop homself en sy vrou doodgeskiet het.

Twee weke gelede het die Mitchells Plain cop wat sy meisie, haar ma en homself doodgeskiet het, skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.

Saterdagaand het ’n cop van Ocean View dieselfde gedoen. ’n 38-jarige konstabel wat in Masipumelele bly, het eers sy 34-jarige vrou en toe homself doodgeskiet.

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, sê die skietvoorval het 18:45 plaasgevind en word ondersoek.

Son het vroeër die maand berig oor Granville Brooks, ’n getroude cop, wat sy meisie, Charmaine Goliath, en haar ma gyselaar gehou het in hul huis in Mitchells Plain. Hy het hulle op 12 Maart vermoor en toe homself doodgeskiet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters