11 dae gelede
Voor kid gelem
Vermoor: Wilhelmina van Wyk by haar kleinkind wat moes toekyk hoe sy gelem word.  ~ Foto Verskaf

’N DOGTER het haar mammie na bewering kort ná hulle Sondag lunch doodgesteek.

Haar minderjarige kleinkind het, na verneem word, gesien hoe haar ouma doodbloei op die kombuisvloer.

Die tragedie het in Phillip Soudenstraat in Bergsig, Springbok, gebeur.

Die 24-jarige dogter en haar ma, Wilhelmina “Mina Mooh” van Wyk (49), was vermoedelik in ’n hewige stryery betrokke, het Son se bronne vertel.

Daarna het hulle haar by die kombuisdeur gesien lê.

Haar oudste seun, Roger van Schalkwyk, sê dit was ’n vreemde affêre.

Hy sê: “My ma het na die bure om hulp geroep.

“Sy het baie gebloei en later op die vloer by die kombuisdeur collapse.

“As die ambulans vroeër gekom het, kon sy miskien nog gelewe het.

“Hulle het baie lank gevat om hier te kom.”

Van Schalkwyk vertel sy pa is baie siek en bedlêend, en kon niks vir sy vrou doen nie. Sy het voor hom gesterf.

Die hartseerste vir Van Schalkwyk is dat die verdagte se sesjarige dogter alles moes aanskou – die stryery, messtekery en sterfte van haar ouma.

’n Besorgde eerw. Jannie Vee­rus, leraar van die African Methodist Episcopal Church, sê die gemeenskap is baie stukkend en daarom moet hulle iets daaraan doen.

Hy voeg by: “Die meisiekind was maar baie deurmekaar, vermoedelik as gevolg van die drugs.

“Wilhelmina was ’n baie verantwoordelike ma.

“Sy was iemand wat selfs na haar kleinkind moes omsien omdat haar dogter ‘in die wêreld’ was”.

Gefight

’n Jong inwoner wat anoniem wil bly, vertel die verdagte was “baie violent” en op drugs.

Sy het meer as gewoonlik met haar ma gefight as sy op ’n high was.

Volgens dié jong inwoner het die aanvaller net ’n paar weke gelede nog haar ma se hand met ’n steen gegooi – sonder rede.

Vriende en kennisse het Wilhelmina as ’n lieflike en baie gawe mens beskryf.

Volgens kapt. Sergio Kock, ’n polisiewoordvoerder, staan die verdagte tereg op ’n klag van moord.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters