15 dae gelede
#KYK: Volkwyn borgtog geweier
Melvin Volkwyn  ~ 

MELVIN Volkwyn, die gay-haarkapper wat aangekla word van die Orderick Lucas se moord, is Woensdagoggend borgtog in die Blue Downs-landdroshof geweier. 

Die eenjarige Orderick se lyk is op 2 April in 'n drein om die draai van sy ouma se huis in Eersterivier gevind. Hy was agt dae vermis.

Orderick se ma, Davideen Lucas, hou vol sy het die kind op 24 Maart in Volkwyn se sorg gelos.

Die landdros het gister in haar borgtoguitspraak gesê daar moet na Volkwyn se geskiedenis gekyk word as borgtog oorweeg word.

"Jy het met vorige ootredings gelieg deur verkeerde adresse en name te gee," het sy gesê.

Die hof het ook gehoor dat die staat daarna kyk om 'n ekstra klag van verkragting by die klagstaat te voeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters