Verlede maand
Voice notes uit die tronk ...
voel siek: Shakoor Roberts speel victim vanuit die tronk.Foto: Facebook  ~ 

SHAKOOR Roberts stuur voice notes uit Pollsmoor om sy innocence te pleit.

Roberts (25) staan tereg op ’n klag van moord nadat hy sy ma, Gafsa (61), se lyk na bewering in 2015 in ’n vullisdrom gedump het.

Gafsa se lyk is drie dae nadat sy vermis geraak het in die drom voor haar huis in Mitchells Plain gevind.

Labarang

Roberts is dieselfde dag gearresteer.

In voice notes wat in Son se besit is, kan ’n mens duidelik hoor hoe die vermeende sataniese klong sy suster Rushana Jacobs vir geld vir labarang pla, asook haar van sy siektes vertel.

Jacobs sê dis die heel eerste keer sedert sy die getuiebank gevat het dat Roberts met haar praat.

“Hy weet hy moet my niks vra nie. Ek het hom tevore gesê ek soek net die waarheid, maar hy wou nie praat nie,” vertel sy.

In een van die voice notes vertel Roberts hy wéét goed, maar kan nie daaroor praat nie.

Hy sê almal kan die waarheid en wat met Gafsa gebeur het, is bedoel om die gesin uitmekaar te skeur.

Roberts beweer hy is ge­frame. Hy sê sy lawyer het hom ingelig hy gaan binnekort huis toe omdat hy die getuienistoets geslaag het.

Hy soebat sy suster om hom in die tronk te besoek omdat hy beweer hy baie, baie siek is.

“Ek weet nie wat aangaan nie. Hulle het my vir TB-, Aids- en kankertoetse gevat.

“Ek pee bloed en elke oggend is my onties vuil. Die polisie sê ek moet maar my familie sê, want daar is niks wat hulle meer kan doen nie.”

In dieselfde asem vra hy Jacobs om ’n R250 op sy property te sit omdat goed in die tronk baie duur is.

“Ek wil my pap koop en ’n bord kos is R27. Ek sal dit waardeer, want dit gaan maar baie swaar hier.”

Jacobs sê sy wil niks met haar broer te doen hê nie.

“Hy dink ek is stupid. As hy siek was, sou hulle hom Victoria Hospitaal toe geneem en ons ingelig het.

“Dan het hy nog die plak om my geld te vra.”

Roberts het Vrydag in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn.

Hy het niks van siekte aan die hof genoem nie.

Die staatsaanklaer Darren Johnson het die hof ingelig dat hy ’n bekentenis van Roberts op CD in die hande gekry het, maar dat hy tyd benodig om dit te bestudeer.

Die saak is tot Vrydag 6 September uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters