Verlede maand
Voëlgriep nou onder voëls in Wes-Kaap
Voëlgriep word onder wilde seevoëls in die Wes -Kaap aangetref.  ~ 

DIE Wes-Kaap sit met 'n vermoedelike uitbreek van voëlgriep onder wilde seevoëls.

James-brent Styan, 'n woordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van omgewingsake, verduidelik dat 'n paar gebiede in die provinsie as brandpunte geïdentifiseer is.

"Daar word vermoed dat die uitbreek seevoëls in die Bergrivier-munisipaliteit, asook die Walkerbaai-omgewing in die Overberg aangetas is.

"CapeNature het reeds amptenare ontplooi om die dooie en siek voëls te kry.

"Veeartse help ook op die toneel en amptenare volg die advies van deskundiges oor hoe om die siekdiere te bestuur."

Hy voeg by dat daar 'n versoek aan die publiek gerig word om die gebiede te vermy en nie siek of dooie voëls op te tel of aan te raak nie.

"Dit is van kritieke belang om die verspreiding van die siekte te voorkom.

"Dit beteken dat mense nie moet probeer om die siek voëls te help of te vervoer nie. Selfs nie na rehabilitasiesentrums of veeartse nie, aangesien dit die siekte na ander gesonder voëls kan laat versprei."

Tans is die Bergrivier-munisipale gebied die brandpunt, met berigte van dooie voëls ook in Velddrif en Arniston.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters