15 dae gelede
Visserman se lyk gekry
sea rescue,drownings
Die NSRI het 'n man se lyk in Hermanus gevind.  ~ NSRI

DIE National Sea Rescue Institute (NSRI) het die liggaam van ‘n man gekry wat in Hermanus gaan visvang en verdrink het.

Volgens ‘n woordvoerder van die NSRI Craig Lambinon is die man in vlak water by die hawe gekry.

Woensdag het die Overberg se  brandweer en reddingsdienste en lede van die Hermanus Neighbourhood Watch en ander beamptes en familielee van die visserman na hom gaan soek toe hy nie huis toe kom nie.

Sy fiets is langs die kus gekry, maar sy persoonlike besittings was nie daar nie.

“Daar word vermoed hy het in die water geval ttoe hy aas wou uithaal.” Het Lambinon gesê. – NSRI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters