Verlede maand
Violet is 103 noggie uit nie
Geseënd: Ouma Violet Africa, wat dié week 103 jaar oud geword het.  ~ foto verskaf

OUMA Violet Africa van Elsiesrivier het Maandag haar 103de verjaardag gevier.

Sy is oorspronklik van Simonstad, maar is in die apartheidsjare na Elsiesrivier verskuif, waar sy toe ál die jare gewoon het.

Volgens haar dogter, Velma, wat by haar in die huis woon, is haar ma nog gesond en haar geheue nog goed.

Velma se pa is reeds in die ouderdom van 52 oorlede.

Velma sê: “Sy sukkel net ’n bietjie om te loop.

“Haar bene is nie meer so sterk nie.

“Sy het nog nie eens Covid-19 gehad nie terwyl ek dit al gehad het.

Gelukkig

“Ons is baie bly en bevoorreg om nog ons ma by ons te hê. Sy kan nog haar kleinkinders en agterkleinkinders sien en geniet.

“Sy geniet dit om tyd saam met haar familie en kinders deur te bring. Dit maak haar baie gelukkig.”

Ouma Violet sê: “Ek is baie lief vir my vrugte en so nou en dan ’n chocolate.

“My geheim vir my hoë ouderdom is om so nou en dan ’n tot whiskey saam met my drie seuns te geniet.”

Violet se kinders en familie het Maandag haar verjaardag saam met haar gevier en haar dag spesiaal gemaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters