Verlede maand
Vinger gewys oor kid se dood
vrae: ’n Seun is volgens sy pa dood aan bloeding op die brein. Sommige blame die ouers. Foto ter illustrasie: Charles Pullen  ~ 

INWONERS van Paulusstraat in Valhalla Park is verdeeld oor die dood van ’n negejarige seun.

Die kind is Sondag dood.

Van die inwoners meen die ouers is verantwoordelik vir die kind se dood.

Die seun het glo gereeld die een of ander besering gehad.

Hy het tot onlangs nog in ’n rolstoel gesit weens ’n besering, beweer inwoners.

By Son se besoek aan die kind se ouerhuis gister het die straat nog gewemel van mense.

’n Groot groep mense wat die ouers ondersteun, het voor die huis saamgedrom.

Hulle het sommer uit die staanspoor laat hoor die kind is aan natuurlike oorsake dood.

Bloeding

“Enige iets anders is ’n liegstorie,” het iemand in die groep gesê.

Die seun se pa sê hy het bloeding op die brein gehad.

“Hy was ’n kop­pasiënt. Daai is al wat ons gaan sê.”

Sers. Noloyiso Rwe­xana, ’n polisiewoordvoerder, sê die Bishop Lavis-polisie is Sondag uitgeroep na ’n klagte.

“By die beamptes se aankoms is hulle ingelig oor ’n negejarige kind wat in die huis dood is.”

Die polisie het die nooddienste gebel.

“Die nooddienste het hom op die toneel dood verklaar.

“Volgens hulle is hy aan natuurlike oorsake dood. Daar word geen misdaad vermoed nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters