4 dae gelede
Vierde liggaam in rivier gevind
The bodies of two men were found during the search
Die polisie tydens 'n soektog in die rivier.  ~ Foto Verskaf: SAPD

DIE polisie in die Wes-Kaap het nog 'n liggaam uit 'n rivier naby Drfitsands gehaal.

Die ontdekking kom 'n week nadat die soektog na vier vermiste jong mans begin het. Die mans is na bewering deur 'n groep gemeenskapslede vermoor en in die rivier gegooi.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê dit is nou al die vierde liggaam wat in die rivier gevind is.

Dit kom nadat die 15-jarige Asonele Wanga, een van die vermiste mans, se liggaam reeds die naweek gevind is. Die soektog na die drie ander jong mans duur voort.

Die polisie het tydens die aanvanklike soektog twee ander liggame gevind, wat nog nie geïdentifiseer is nie. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters