10 dae gelede
Vier voor ná man se lemdood
Michael DavidsFoto: FACEBOOK  ~ 

MICHAEL Davids (34), ’n brandweerbeampte van Blackheath, se vermeende moordenaars het Maandag vlugtig in die Athlone-landdroshof verskyn.

Die cops het Donderdag ’n verdagte gevang en nog drie is Vrydag in Mitchells Plain gearresteer nadat ’n selfoon na hulle getrace is.

Shaquille Groep (21), Justin Hendricks (21), Shane Hendricks (18) en Xavia Sampson (24), almal­ van Mitchells Plain, is van moord aangekla.

Onderklere

Davids, wat by die Goodwood-brandweer gewerk het, is beroof voordat hy vermoor is.

Sy lyk is omstreeks 09:00 op 1 Julie langs die Olieboom-pad in Philippi gekry.

Davids is verskeie kere gesteek. Hy was net in sy onderklere geklee toe hy gevind is.

Hy is die aand tevore nog laas saam met vriende by Club Fever in Athlone gesien. Hy moes die Sondag gewerk het en daar is onraad vermoed toe hy nooit daar opgedaag het nie.

Die verdagtes verskyn op 12 November weer in die hof.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters