3 maande gelede
Vier sterf in fumes
Atlantic Plastics
Vier mans het by 'n fabriek in Beaconvale gesterf.  ~ Astrid Februarie

VIER mense is by 'n fabriek in Parow Valley dood toe die fumes van 'n ondergrondse tenk, wat hulle skoongemaak het, hulle oorval het.

Die voorval het Dinsdagmiddag by Atlantic Plastics in Birchstraat plaasgevind.

Volgens die polisie is 'n vyfde man in die hospitaal opgeneem.

Kapt. FC van Wyk, 'n polisiewoordvoerder, sê die ouderdom van die vier mans is 22, 35, 41 en 51. 

Van Wyk sê die vyfde man is deur mede-werknemers gered en na 'n nabygeleë hospitaal vir mediese behandeling gehaas.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters