Verlede maand
Vier manne in taxi’s geskiet
taxi
Taxi-oorlog: Die polisie ondersoek die dubbele moord wat op die hoek van The Downs- en Duinefonteinweg in Manenberg plaasgevind het.Foto’s: leon knipe  ~ verskaf

DRIE gewapende mans wat twee taxi-drywers in Manenberg doodgeskiet het, was teen gisteraand nog op vrye voete.

Vier mans het Saterdagmiddag in geparkeerde taxi’s op die hoek van The Downs- en Duinefonteinweg gesit toe hulle geskiet is.

Een van die slagoffers is op die toneel dood. Die ander drie is geneem na die hospitaal, waar nog een gesterf het.

Volgens ’n polisiewoordvoerder, AO Joseph Swartbooi, het die drie onbekende gunmen “verskeie skote” op die geparkeerde taxi’s afgevuur.

Swartbooi sê: “ ’n Man (51) man is op die toneel dood verklaar. Die ander drie mans is in die hospitaal opgeneem.

“Nóg ’n 51-jarige het later in die hospitaal gesterf.”

Die motief agter die voorval bly onbekend en die skieters is steeds op vrye voete.

Swartbooi sê niemand is nog aangekeer nie.

Volgens Swartbooi word twee sake van poging tot moord en twee moordsake ondersoek.

Enigeen met inligting word gevra om die naaste polisiestasie te kontak of die Stop Misdaadnommer, 086 001 0111, te skakel.

  • Die voorsitter van die Ceres-polisieforum, Mark Mentor, het ’n beroep op die owerhede gedoen om op tree en skuldiges te arresteer nadat vyf mense ook verlede week in taxi-geweld doodgeskiet is.

Mentor sê die cops moet optree voordat onskuldige mense in die gemeenskap seerkry of doodgemaak word.

Veilige

“Asseblief, doen iets aan hierdie situasie wat nou in Ceres is. Asseblief, laat ons mense in vrede lewe. Jy weet nie of daar ’n skietery gaan wees terwyl jy in die taxi sit nie.

“Ceres was al die jare ’n veilige plek om in te lewe, maar vandag kan ons nie meer dieselfde sê nie,” sê Mentor.

  • Intussen is ’n geldvên Saterdagaand op die N7-snelweg opgeblaas.

Die voorval het naby die Melkbosstrand-afrit in die rigting van Kaapstad gebeur. Dit was gister teen druktyd nog onduidelik of die aanvallers met geld weggekom het en of daar enige beserings was.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters