2 maande gelede
Vier kids ís genoeg – jong ma
amper huis toe: Inga Mafenuka (heel regs) en Nomafrench Mbombo langs haar gesels oor die babas se vordering. Foto’s: Melinda Stuurman  ~ 

DIE jong ma van Khayelitsha wat in Julie die lewe aan ’n vierling geskenk het, gaan binnekort huis toe.

Inga Mafenuka (22) wag nog net op haar seuntjie, Bubele­ (tans 1,6 kg), om ’n bietjie vetjies aan te sit.

Mafenuka se dogters, Bungcwele (2,1 kg) en Bunono (1,9 kg) asook haar ander seun, Buchele (1,7 kg), is reeds op ’n gepaste gewig om die Tygerberg-hospitaal te verlaat.

Dr. Lunga Mfingwana, pediater by die hospitaal, sê die vierling kan op die vroegste Maandag huis toe gaan.

Mafenuka, wat voorheen aan Son gesê het sy soek nog tien kinders, het gister laat weet vier is genoeg.

“Dis opwindend om ’n ma te wees. Dis ook glad nie moeilik met vier babas nie.

“Ek probeer dit net geniet,” sê Mafenuka. “Ek is baie dankbaar vir die personeel van die Tygerberg-hospitaal.

“Hulle was baie nice en caring. My babas het baie ma’s en anties hier bygekry.”

Mafenuka sê van die vier kinders lyk Bungcwele die meeste soos sy.

“Daai gesig is myne. Vergeet van die velkleur. Sy lyk presies soos ek.

“Ek weet nie soos wie die res lyk nie,” het sy gegrap.

Die vierling is op 6 Julie gebore. Hulle het sedertien dubbel in gewig gegroei.

Nomafrench Mbombo, Wes-Kaapse minister van gesondheid, het die jong ma gister besoek.

Mbombo sê sy is baie trots op hoe Mafenuka die verantwoordelikheid van vier babas op haar jong ouderdom hanteer.

Sy wil ook sien dat Mafenuka voortgaan met haar studie wanneer sy ingesettle is.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters