Verlede maand
Twee jonges sterf in koeëlreën
Vier jong mans is gisteraand dood toe koeëls soos reën geval het.  ~ 

TWEE jong manne het laat gisteraand hul lewens verloor toe die koeëls soos reën in Beacon Valley geval het.

Die polisiewoordvoerder kol. Andrè Traut bevestig die polisie is Donderdagaand omstreeks 20:50 na die toneel uitgeroep waar ‘n 13-jarige seun op die hoek van Cadillac en Riley straat doodgeskiet is.

Traut sê drie ander (14, 16, 18 ) is ook op diè toneel geskiet en gewond.

Die polisie is toe na 'n ander toneel op die hoek van Cadillac- en Austin-straat ook in Beacon Valley ontbied, waar die liggaam van ‘n 18-jarige man met skietwonde aan sy nek gevind is.

Traut sê die slagoffer is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.

Volgens ‘n ingeligte bron wat op die toneel was, het twee van die boys op die toneel gesterf en nog ‘n twee later in die hospitaal aan hul wonde beswyk.

Die bron verduidelik dat die groep boys soos gewoonlik op die hoek gesit het toe insittendes vanuit ‘n wit kar op die slagoffers losgebrand het.

“Hulle het nie ophou skiet nie, terwyl ons op daai toneel was, is nog skote verder af in die pad afgevuur.” 

Traut sê die motief van die skietvoorval is nog onbekend en niemand is nog gearresteer nie.

Sake van moord en poging tot moord is geopen vir ondersoek. Enigeen met inligting oor hierdie voorvalle word versoek om Crime Stop te kontak by 08600 10111.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters